Web_Photo_Editor

Skippie se kos idee's vir die onervare kok

Wat is in die boek?

Die hele idee van die boek het ontstaan om vir my kinders iets te los.  Die foto's van die resepte is nou nie wonderlik nie omdat ek dit self geneem het.  Al die resepte wat verskyn is wat ek al self gemaak het.

By die resepte is ook die metodes om die volgende te maak:

  • Rys
  • Mieliepap - Krummel pap, stywe pap as ook slap pap
  • Pasta
  • Mash
  • Jou eie sous poeier
  • Basiese sout groente
  • Basiese soet groente

Ek het ook van my eie gedigte in gesit met 'n ou grapperigheidtjie hier en daar as ook ware verhale soos:

  • Die ware verhaal van die slag van Bloedrivier
  • Die spook van Uniondale
  • Ons eerste held - Wolraad Woltemade
Resepte wat in die boek verskyn - Uit die hart uit
IMG_4028
Butter chicken

Heerlike Indiese gereg vir jonk en oud.  Moenie worry as jy nie van brand hou nie.  Mens kan dit met of sonder brand maak.

Kerrie & rys
Kerrie & rys

Resep vir 'n maklike kroek manier as ook vir die tradisionele manier..

Maalvleis gereg 2
maalvleis gereg

Gereg wat ek by my moeder geleer het.  Met min bestanddele kan mens vir 'n hele gesin kos voorsien.

Korma pilaf
Korma pilaf

Nog 'n lekker Indiese resep wat jy gerus kan probeer.

Pap en wors
boere pap & wors

Sommer 'n ou maniertjie om van gisteraand se braaivleis lekker ontbyt te maak.

IMG-4034
Fancy pap & wors

Bring die kreatiwiteit in jou uit.  Pap en wors maar dit lyk sommer fancy en smaak heerlik.

Bullybeef pasta 1
Bullybeef pasta

Die is jou halfuur gereg. As jy nou rerig haastig moet kos maak en dan is dit nog heerlik ook.

Paste met viennas 1
vienna pasta

Dis my einde van die maande gereg.  Waar mens sommer so paar goedjies in jou kas by mekaar gooi.

Spagetti bolognaise
Maklike spagetti bolognaisse

Daar is seker die regte manier met die maar die kids love die weergawe.

Hoender noodle pot
Hoender noodle pot

As jy in 'n oomblik van swakheid baie mense oor genooi het sal die resep jou help.

Chicken strips subs
Gekrummelde hoender

Al wat ek kan sê dis heerlik.  Verskeie manier om te bedien ook.

hoender stirfry
Hoender stirfry

Nog so 'n ou enetjie wat mens vinnag aan mekaar kan sit.  Binne of buite.

Groente en vleis sop
Groente en vleis sop

Dis my gunsteling sop.  Jy kry jou groente en vleis in en dan is dit nog flippen lekker.  Sorg dat jy genoeg brood het.

Ertjie sop
Ertjie sop

Ook monster sop genoem in my huis.  Met net 4 of 5 bestanddele sit mens dis sommer vinnag by mekaar.

Biltong sop
Biltong sop

Ek glo tot die mens wat sop die meeste haat sal van die een hou.  Wie hou dan nie van biltong nie.

Bees stert
Bees-stert

My moeder se resep.  Ons kan nie bymekaar kuier sonder dat sy vir my dit maak nie.

Stew gekookte ete
Stew ete

Jy kan self 'n volledige ete maak deur net bietjie deur die basics in die boek te werk

Enchiladas
enchilada's

Bring die Mexikaan uit jou uit.

Wraps 1
Wraps

Die is ook seker een van my kiddies se wenners.  Lekker gesellige ete waar elkeen sy eie een vou.

Pakkie nachos
Pakkie nacho's

Ook Elize se nacho's genoem.  Geen borde nodig nie.  Alles kom in die pakkie en gooi dit daarna weg.

room aartapels
Room aartappels

Mens moet darem 'n ou bykossie he saam 'n braai.  Ek waarsku solank.  Maak genoeg!

Kerrie noodle slaai
kerrie noodle slaai

Nog 'n heerlike bykos saam met 'n lekker braai saam jou familie en vriende.