Web_Photo_Editor

Welkom by

Skippie Se Gedagtes

Met kos idee's, staaltjies, gedigte en...
lekker plekke om te eet en kuier soos by die huis weg van die huis 
Vat my na my naaste kuier huis toe
Room aartappels met groente
Kook kos

Dis seker wie ons is en waar ons vandaan kom.  Volgens my is kook kos darem nog enige dag die lekkerste!

IMG_4023
Butter Chicken

Indiese kos is nog altyd vir my heerlik.  Mense dink dit is brand kos maar eintlik verstaan die Indiërs ongelooflik hoe om speserye te gebruik.

Bullybeef pasta 1
Bullybeef pasta

Mens het ook nie altyd geld om die fancy kosse te maak nie.  Mens kan ook baie bekostigbare kossies maak wat heerlik is.

Enchiladas
Enchilada'

Af en toe kom die Mexikaan ook in my uit.  Mens kan min of meer dieselfde bestanddele heelwat lekker goedjies opdis.

Al die bogenoemde disse met nog soveel meer kan julle kry in my nuwe boekie:

"Skippie se kos idee's vir die onervare kok"

In die boekie deel ek resepte wat maklik is om te maak en ook nie die bank breek nie.  Ek het sommer paar ware verhale, staaltjies en van my gedigte bygevoeg om dit spesiaal te maak

Vind meer uit

Nou wie is ek en wat is my storie.....

My naam is Stefan Scheepers. Maar word Skippie genoem.  Ek is maar net ’n doodgewone alleen-pa in ’n plattelandse dorpie wat dinge probeer maak werk.  Ons was ongelukkig om my vrou en ma van my kids in ’n motorongeluk te verloor.  Die 4 van ons moes maar leer hoe om te cope en ek baie meer leer.......

Geld was nie baie nie maar ek hou ook van lekker eet😁😁😁😁  So mens leer oor tyd om lekker kos te maak wat ook nie die bank gaan breek nie.

Om eerlik te wees ek het met die ore en oë gesteel ook en ek wil so graag hê mense moet hulle billike smaaklike etes vir my ook aan stuur.

skippie@skippie.co.za

Ek bemark rerig waar geen produk nie en en sê sommer goed soos ek dit verstaan en verskoon asseblief as ek dit hier Afrikaans noem en dan Engels.  Wie de donner sal weet beeshaas is fillet steak!  Dis ook nie nodig om daai spice te gaan kry nadat jy in Tibet vir 7 jaar gebly het nie.  Jy kry dit sommer in jou plekkie om die draai waar  jy ookal bly.

Ek is ook besig om ander produkte aan die gang te kry, so hou die spasie dop.....